Abstract:
Fredholmteorie (relatief tot willekeurige homomorfismes) in abstrakte
Banach-algebras, en in die besonder die Fredholm-, Weyl- en Browder -
spektra, word reeds vir meer as dertig jaar bestudeer, en vorm ’n
integrale deel van die spektraalteorie. Aan die ander kant word verskeie
spektraalteoretiese aspekte van Banach-algebras met ’n parsiële or -
dening sedert die 1990s ondersoek. Hierdie twee teorieë word verenig
deur die rol van positiwiteit in Fredholmteorie deeglik te verken. Die bo-
Weyl- en bo-Browderspektra speel ’n sentrale rol in hierdie ondersoek.
Die nuttigste teorie, wat ook by die klassieke Fredholmteorie aansluit,
word verkry in die geval waar die betrokke homomorfisme die Rieszeienskap
het.